Soek u bekostigbare oornag verblyf in Centurion? Dan is Irene Bed en Ontbyt net die regte plek. Ons is naby die hoofroetes, hospitale, en besigheidssentrums. Irene B&B bied skoon en warm verblyf met ‘n huislike atmosfeer. Daar is ‘n kombuis vir diegene wat self wil kosmaak of sommer net wil uiteet. Kontak ons gerus vir meer inligting.
Archive for July, 2013
Guest houses and B&Bs in Centurion
There are numerous guest houses and bed & breakfast’s in the Centurion area. Selecting the one that will suit your needs can be difficult.
Irene B&B offers you cozy and comfortable accommodation that is affordable and safe. Since we opened our doors in 2007 countless guests have come back to stay with us numerous times – and many have become like family friends.
So next time when you need to stay in Centurion (or specifically in the Irene area) you are welcome to contact me to make a booking.
Accommodation near Highveld Techno Park and surrounds
Irene B&B also offers full board or self catering accommodation suitable for business people as well as private visitors. We are ideally situated near John Vorster Drive, AFGRI, SuperSport Park, Bylsbridge Promenade, Denel, Olievenhoutbosch and Centaurus Roads, Witch-Hazel and Oak Avenue, Eco Park Boulevard, Techno Park, Highveld Business Offices, Eco Fusion, Centurion Testing Station, Nellmapius Drive, Sand, Luton, Newark and Mirabel Streets, Irene Country Lodge and Centurion Golf Estate.
Contact us on 082 222 8365 or info@irenebb.co.za for a quotation.
In Pretoria en omgewing
Irene Bed en Ontbyt is die ideale plek om by te bly wanneer Pretoria besoek word. Dit is sentraal geleë in Centurion, tussen Johannesburg, Midrand, Kempton Park en Pretoria. Die Jakarandastad het vele besienswaardighede vir die hele gesin. Pretoria se bynaam “Jakarandastad” verwys na die sowat 70 000 jakarandabome wat in en om Pretoria groei en in Oktober met hulle pragtige perskleurige bloeisels ‘n besondere karakter aan die stad gee.
Die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine, wat ‘n oppervlak van 76 hektaar beslaan, bied ‘n uitstekende oorsig oor Suid-Afrika se ryk flora in die verskillende klimaatsones van die land, met ‘n omvangryke herbarium en ‘n groot sukkulentetuin. Dit bied ook maklike toegang tot ‘n reeks van interessante voëls in ‘n rustige atmosfeer. Groot grasperke en bome maak deel uit van die laer gedeelte. Daar is ook ‘n teetuin en konferensiefasiliteite, ‘n besoekerssentrum en staproetes.
Al ooit gewonder hoe dit voel om in ’n klassieke, gerestoureerde stoomtrein te ry? Friends of the Rail bied uitstappies op verskeie roetes, insluitend ’n toer om Pretoria.
Laat jou hart ’n bietjie vinniger klop met ’n toer deur Pretoria se spookhuis, ook bekend as die Erasmuskasteel, in Waterkloof. Die naam Spookhuis het in die 1950’s ontstaan toe ’n Afrikaanse spookrolprent Hier’s ons weer op die terrein van die kasteel verfilm is. Dit is ook ’n nasionale gedenkwaardigheid.
Die Nasionale Dieretuin is in 1899 gestig en word as een van die bestes ter wêreld beskou. Dié dieretuin is die enigste in Suid-Afrika met nasionale status en spog met die grootste binnelandse seewatertenk in die land. Vir meer inligting besoekwww.zoo.org.za
ARC-API in Irene
Agricultural Research Council – Animal Production Institute (ARC-API)
Landbou Navorsingsraad in Irene (Diereproduksie Instituut)
Tel: +27 (0)12 672 9111
Fax: +27 (0)12 665 1563
www.arc.agric.za
Old Olifantsfontein Road, Irene
Less than 4 km from Irene Bed and Breakfast (Main Road)